supportreg
Worcester Standard Artikel PDF Print E-mail
News - Breede Web Articles
02 April 2009 - WORCESTER STANDARD

’n Wireless-internetdiensverskaffer, het onlangs die ontvangs van ’n nuwe lisensie van die Onafhanklike Kommunikasie-owerheid van Suid Afrika (ICASA) asook sy 1000ste kliënt gevier met die oorhandiging van ’n nuwe skootrekenaar aan mev. Hannetjie Bekker. 

Bekker, voormalige mede-eienaar van Aïda Eiendomme in Worcester, het met groot opgewondenheid die splinternuwe Toshiba-skootrekenaar in ontvangs geneem. “Ek het nog nooit iets gewen nie,” het sy met verbasing gesê. Sy het die 1000ste kliënt geword met BreedeNet se installasie van Wireless-internet by haar huis. Aïda was destyds toevallig ook die eerste kliënt van BreedeNet. 

“Ons is baie dankbaar vir mense soos Hannetjie wat van die begin af in ons geglo het en ons ondersteun het,” het Dolf Lombard, mede-eienaar van BreedeNet, tydens die oorhandiging gesê. 
Hannetjie Bekker 1000ste kliënt hannetjie

Mev. Hannetjie Bekker is verras toe Christof Linde, Dolf Lombard en Dudley Davids (laasgenoemde twee die mede-eienaars) van BreedeNet ’n splinternuwe skootrekenaar aan haar oorhandig het ter viering van hul 1 000ste kontrak wat met haar geteken is.

Die begin van BreedeNet

BreedeNet het sy eerste kliënt begin diens in die middel van 2005 en kort voor lank het die kliëntetal gestyg tot sewentig. Die areas wat eerste bedien is, was Worcester, De Doorns, Breërivier, Rawsonville, Overhex, Scherpenheuwel, Eilandia, Le Chasseur en Ro-bertson. Kort hierna het mense in aangrensende areas BreedeNet genader en in die volgende twee jaar het die onderneming uitgebrei na Bonnievale, McGregor, Montagu, Koo en Keisie, Moddergat, Wolseley, Tulbagh, Witzenberg, Stettyn, Villiersdorp en Vyeboom. Aan die einde van 2007 was die kliëntetal al meer as 650! 
Die afgelope 15 maande het BreedeNet begin om die groter Ceres-area te bedien tot so ver as die Ceres-Karoo. Grabouw is ook toegevoeg nadat ’n bestaande netwerk oorgeneem is. Die begin van BreedeNet was ’n groot leerskool. Talle kere het bobbejane torings beskadig. Die genadelose wind van die Breëriviervallei het menige mas beskadig en die sneeu was ook ’n groot uitdaging. Die meeste van die torings is die afgelope jaar reggemaak en opgegradeer om natuur¬en elektro-niese foute tot die minimum te beperk. 

ICASA¬lisensie 

Lisensiëring van die Wireless¬internetbedryf het nie tred gehou met die spoed van ontwikkeling nie en dus was dié bedryf aan die begin grootliks onwettig.  Dit was moontlik om ’n Value Added Network Services (VANS)¬lisensie te kry om internet te bedien, maar daar het nie ’n lisensie bestaan vir Wireless¬netwerke nie. Intussen het die hof beslis dat VANS¬lisensies opgegradeer moet word na Individual Electronic Network (IECNS)¬en Electronic Communication Service (IECS)¬lisensies. Dit stel lisensiehouers in staat om hul eie netwerk landswyd te ontwikkel. Dit was ’n groot dag vir alle Suid¬Afrikaners, want dit beteken dat die monopolie van die groot rolspeler grootliks verbreek is en kleiner besighede soos BreedeNet vrylik kan kompeteer. Kompetisie is ’n teken van ’n goeie demokrasie en nou het Suid¬Afrikaners meer keuses in internetverskaffers. “Ons het hard gewerk om die besigheid op te bou en te baklei sodat die bedryf volledig wettig raak. “Ons is dus baie opgewonde oor die nuwe lisensie,” sê Lombard. BreedeNet is die enigste Wirelessinternetdiensverskafferin Worcester wat so ’n lisensie het.

Die pad vorentoe

BreedeNet het die afgelope paar maande baie in die bestaande infrastruktuur belê om nog beter diens te lewer en sal volhou om torings op te gradeer soos nuwe tegnologie beskikbaar raak. Nuwe produkte en dienste is ook baie belangrik vir BreedeNet. Die opgegradeerde netwerk kan nou maklik Voice over Internet Protocol (VOIP) hanteer, wat goedkoper telefoondienste beteken.
Mense raak toenemend ontslae van Telkomlyne met BreedeNet wat VOIPdienste implementeer.
 

News24 - Top Stories

  • Bees card 'user' remains in custody
    The man arrested in connection with the theft of Bees Roux's credit card will remain in custody pending further investigations.
  • Protesters picket ouside court
    A group of protesters has been picketing outside the court where striking public servants are expected to appear, say Limpopo police.
  • Man arrested for raping niece
    A man has been arrested for allegedly raping his 17-year-old niece in Sharpeville while she was taking a bath, say Gauteng police.
  • Man jailed for snakes on a plane
    A Malaysian man has been jailed for six months and fined over $50 000 after Kuala Lumpur airport staff found almost one hundred snakes in his luggage.
  • Storm warning for US, Mexico
    Tropical storm Hermine has formed in the Gulf of Mexico and warnings have been issued from Mexico up to Texas, the US National Hurricane Centre has warned.

News 24 - Sport

  • Man City are a 'bigger club'
    Emmanuel Adebayor has made a fresh jibe at his former club Arsenal claiming that Manchester City are a "bigger club".
  • Khune: Pirates not our focus
    Itumeleng Khune has warned his Kaizer Chiefs team-mates to forget about the MTN8 semi-final against Orlando Pirates.
  • All Blacks shaken by quake
    Forwards coach Steve Hansen has joined the All Blacks in Sydney after his home was wrecked in the Christchurch earthquake.
  • Govt probes cricketers' assets
    The Pakistan government will investigate the assets of past and present cricketers following allegations of match fixing.
  • Sanchez signs Rabobank deal
    Spanish Caisse d'Epargne cyclist Luis Leon Sanchez has agreed a two-year contract with Dutch team Rabobank.

News24 - Finance

  • Shabangu may be heading for door
    Talk at the Mining for Change conference in Sandton has centred on the possible exit of Mines Minister Susan Shabangu from the resources portfolio.
  • Confidence bounces back
    Business confidence has returned to levels last seen before the international market turmoil of 2008 and the subsequent recession, according to new data.
  • Draft code for investors released
    The draft code for responsible investing by institutional investors in South Africa has been released for public comment, it has been announced.
  • SA rates among world's highest
    Economists predict a rate cut as inevitable to help recovery, despite the Reserve Bank's caution.
  • Tyre makers fingered over price-fixing
    The Competition Commission has referred a complaint of cartel behaviour against four tyre manufacturers to the Competition Tribunal for adjudication.

Contact Us

If you encounter any problems with our services or products or have any questions, please contact us.

Tel: 023 342 2221
Email: admin@breedenet.co.za

Office Hours : 9am to 5pm | Monday to Friday (Wednesday | 08:30 - 17:00)

After Hours Support: Until 21:00 daily

Code of Conduct

ISPA
We are a proud member
of ISPA and uphold the
ISPA Code of Conduct

WAPA Member

wapabutton

Licensed by

icasa
We have 55 guests online