supportreg

wirelessfreedom2

About BreedeNet PDF Print E-mail
About us - General Information

IN die inligtingsera waarin ons onself vandag bevind, het die internet ’n onontbeerlike deel van mense se lewens geword.Daarom is die dienste van ondernemings soos BreedeNet, die Breedevallei se voorste verskaffer van draadlose (”wireless”) internetdienste, so waardevol vir die persoon wat suksesvol wil wees.

BreedeNet is ’n draadlose-internetmaatskappy wat drie jaar gelede deur Dolf Lombard en sy span gestig is toe hulle die behoefte aan vinnige internettoegang in die Vallei raakgesien het. Met innoverende denke en harde werk, het hulle die grootste draadlose-internetnetwerk in die Vallei op die been gebring. Dit het die begin van bekostigbare internetdienste teen die vinnigste spoed tot in die mees afgeleë areas ingelui.

Wat BreedeNet van ander onderskei, is die feit dat Breedenet deur die kliënt se behoeftes gedrewe is en nog steeds rondom die kliënt se behoeftes uitbrei.
Om probleme op te los is een van die prioriteite van hierdie toegewyde span. In hierdie opsig is BreedeNet se produk veral voordelig vir ondernemings, aangesien spesifieke behoeftes aangespreek kan word,  soos byvoorbeeld om verskillende takke te koppel, of waar gastehuise byvoorbeeld van ’n “Hotspot”-netwerk gebruik wil maak. Kliënte wat die internet vir hulle wil sien wérk, kan dus hiervoor op BreedeNet se dienste staatmaak. So het die tydskrif Landbouweekblad onlangs selfs ’n artikel gedra waarin die impak van BreedeNet op die plaaslike landbousektor bespreek word. Nog iets wat die onderneming bo ander laat uitstaan, is dat geen van hul draadloseinternet-pakkette beperkings op spoed het nie. Kliënte kry die vinnigste beskikbare internettoegang in Suid-Afrika (tans tot 4mbps) wanneer selfs die mees basiese pakket gekoop word. Dit maak dat BreedeNet een van die goedkoopste internetverskaffers in die land as die spoed tot koste-verhouding per megagreep in ag geneem word.

Die onderneming het onlangs ’n nuwe kenteken bekendgestel om ’n nuwe era vir hom en sy kliënte te verteenwoordig, om produkte en dienste verder uit te brei en te verbeter en om ’n groter rol in die ontwikkeling van die streek te speel. BreedeNet is egter meer as net ’n internetverskaffer. Dit streef daarna om meer produkte en dienste tot voordeel van die Breedevallei-gemeenskap in te faseer. Twee onlangse dienste wat bekendgestel is, is ’n portaalblad, breede.co.za, vir die Breedevallei, asook info.breede.co.za, ‘n sakegids vir die Vallei. Hoewel dié twee dienste nog nuut is, is die potensiaal enorm vir toerisme en alle besigheid. Hierdie inisiatiewe benodig die betrokkenheid van die gemeenskap om te kan werk.

* BreedeNet lewer dienste in ’n groot geografiese area: Witzenberg, Tulbagh, Wolseley, Breërivier, Slanghoek, Rawsonville, Worcester, De Doorns, Robertson, McGregor, Bonnievale, Montagu, die Koo, Villiersdorp, Grabouw en Caledon.
Vir meer inligting, besoek www.breedenet.co.za of skakel 023 342 2221.

 

IOL - Top Stories

IOL - Sport

  • Redknapp cleared of tax evasion

    A jury has cleared Tottenham manager Harry Redknapp of tax evasion, removing a key barrier to his chances of becoming the next England coach.

  • Capello prepares for FA showdown

    England manager Fabio Capello was due to meet his Football Association bosses following his criticism of the decision to strip John Terry of the captaincy.

  • Quiros eyes Dubai hat-trick

    The spotlight will be firmly on defending champion Alvaro Quiros as he bids for a unique hat-trick at the Dubai Desert Classic.

  • Berbatov considers international football return

    Dimitar Berbatov is considering a comeback to international football, and says he expects an invitation from the national team's new coach.

  • Guardiola urges Contador to fight ban

    Barcelona coach Pep Guardiola, who successfully fought a doping case while a player in Italy, has urged Spanish cyclist Alberto Contador to fight his two-year doping ban.

News24 - Finance

Contact Us

If you encounter any problems with our services or products or have any questions, please contact us.

Tel: 023 342 2221 or 023 004 0040
Email: admin@breedenet.co.za

Office Hours : 9am to 5pm | Monday to Friday (Wednesday | 08:30 - 17:00)

After Hours Support: Until 21:00 daily

Code of Conduct

ISPA
We are a proud member
of ISPA and uphold the
ISPA Code of Conduct

WAPA Member

wapabutton

Licensed by

icasa
We have 64 guests online