| About BreedeNet |
|
|
|
| About us - General Information | |||
|
IN die inligtingsera waarin ons onself vandag bevind, het die internet ’n onontbeerlike deel van mense se lewens geword.Daarom is die dienste van ondernemings soos BreedeNet, die Breedevallei se voorste verskaffer van draadlose (”wireless”) internetdienste, so waardevol vir die persoon wat suksesvol wil wees. BreedeNet is ’n draadlose-internetmaatskappy wat sewe jaar gelede deur Dolf Lombard en sy span gestig is toe hulle die behoefte aan vinnige internettoegang in die Vallei raakgesien het. Met innoverende denke en harde werk, het hulle die grootste draadlose-internetnetwerk in die Vallei op die been gebring. Dit het die begin van bekostigbare internetdienste teen die vinnigste spoed tot in die mees afgeleë areas ingelui. Wat BreedeNet van ander onderskei, is die feit dat Breedenet deur die kliënt se behoeftes gedrewe is en nog steeds rondom die kliënt se behoeftes uitbrei. Die onderneming het onlangs ’n nuwe kenteken bekendgestel om ’n nuwe era vir hom en sy kliënte te verteenwoordig, om produkte en dienste verder uit te brei en te verbeter en om ’n groter rol in die ontwikkeling van die streek te speel. BreedeNet is egter meer as net ’n internetverskaffer. Dit streef daarna om meer produkte en dienste tot voordeel van die Breedevallei-gemeenskap in te faseer.
|
News24 - Top Stories
News24 - Sport
|
News24 - Finance
|











